Terugbetalingsbeleid
Laas bygewerk: November 2026
Ons wil hê jy moet gelukkig wees met jou aankoop. Omdat jy dadelik toegang tot digitale inhoud kry, werk terugbetalings só:
- Tegniese probleme: as jy betaal het maar nie kan kyk nie, en ons dit nie binne 7 dae vir jou kan regkry nie, betaal ons jou volle bedrag terug.
- Dubbele betaling of fout: as jy per ongeluk twee keer betaal het, of vir die verkeerde e-posadres, betaal ons die ekstra betaling ten volle terug.
- Van plan verander: as jy binne 7 dae ná aankoop van plan verander en nog nie meer as een betaalde episode gekyk het nie, betaal ons jou terug.
- Andersins is aankope nie terugbetaalbaar nie nadat die episodes gekyk is.
Om 'n terugbetaling te vra, skryf vir ons by hallo@albawolfe.com met die e-posadres waarmee jy betaal het. Terugbetalings gaan terug na dieselfde kaart of rekening, gewoonlik binne 5 tot 10 werksdae. As jy 'n terugbetaling ontvang, verval jou toegang tot die reeks.
Refund policy (English)
- Technical problems: if you paid but cannot watch and we cannot fix it within 7 days, we refund you in full.
- Duplicate or mistaken payments: refunded in full.
- Change of mind: within 7 days of purchase, provided you have not watched more than one paid episode.
- Otherwise purchases are non-refundable once the episodes have been watched.
Email hallo@albawolfe.com with the email address you paid with. Refunds go back to the original card or account, usually within 5–10 business days, and access ends once refunded.